Cliffortia schlechteri is 'n struik wat tot die Rosaceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Agulhasvlakte vanaf Gansbaai tot by die Gouritsmond voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 6 000 km² en is deel van die fynbos-bioom. Die plant word bedreig deur gewasverbouing, ontwikkeling aan die kus, indringerplante en te veel veldbrande. Dit spruit nie uit na 'n brand nie.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

schlechteri Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika