Die Meteorito de Bacubirito, of Bacubirito-meteoriet, is die grootste meteoriet wat in Mexiko ontdek is, die derde grootste in die Amerikas en die sesde grootste in die wêreld."Meteorito de Bacubirito es el quinto más grande ", noroeste.com, besoek op 2014-06-15 Dit is in 1863 deur die geoloog Gilbert Ellis Bailey ontdek"Top 5 meteoritos" , National Geographic, besoek op 2014-06-15 op die dorp Ranchito naby Sinaloa de Leyva. Dit is 'n ystermeteoriet van tussen 20 en 22 ton. Dit is 4,25 m lank, 2 m breed en 1,75 m hoog.

In 1959 is die meteoriet van sy oorspronklike terrein gebring na die Centro Cívico Constitución in Culiacán. In 1992 is it weer verskuif na die Centro de Ciencias de Sinaloa, waar it nou uitgestal word.

Verwysings

Bibliografie The great Bacubirito meteorite (J. British Astron. Assoc. 83, 380-382, 1973)

Skakels

Kategorie:Meteoriete