Bomskok is ’n versteuring van die senuwees as gevolg van ’n hewige skok.
Bomskok is die woord vir die simptome wat ’n persoon kan ervaar na die blootstellling aan groot ontploffings soos bombardemente tydens ’n oorlog.
Die simptome is sielkundige letsels wat spier- en senutrekkings, engtevrees, geheueverlies, spraakverlies, hallusinasies, angsaanvalle, depressie en emosionele onstabiliteit kan insluit. Verskeie vorme van psigoterapie word gebruik om die probleme te probeer oplos.
Na die Eerste Wêreldoorlog is die term bomskok vir die eerste keer gebruik en na die Tweede Wêreldoorlog is daarna verwys as oorlogsvermoeidheid. Na die Viëtnamoorlog is baie oudgediendes voortdurend geteister deur terugflitse van hul gevegservarings.
Historici is van mening dat soldate in antieke tye reeds met bomskok bekend was. Assiriese tekste uit 1300 v.C. praat al van soldate wat gesteur is deur nagmerries waarin mense voorkom wat deur hulle doodgemaak is. Herodotus skryf dat die Romeinse generaal Gaius Marius angsaanvalle gekry het na sy ervarings op die slagveld.
Bronne Coulthart, Ross. The Lost Diggers, Sydney: HarperCollins Publishers, 2012. Jones, E, Fear, N and Wessely, S. "Shell Shock and Mild Traumatic Brain Injury: A Historical Review". Am J Psychiatry 2007; 164:1641–1645 Hochschild, Adam. To End all Wars - a story of loyalty and rebellion, 1914-1918 Mariner Books, Houghton, Mifflin Harcourt, Boston, New York, 2011. Leese, Peter. Shell Shock. Traumatic Neurosis and the British Soldiers of the First World War, Palgrave Macmillan, 2014. . Mcleod, A.D. "Shell shock, Gordon Holmes and the Great War" J R Soc Med. 2004 February; 97(2): 86–89. Myers, C.S. "A contribution to the study of shell shock". Lancet, 1', 1915, pp. 316–320 Shephard, Ben. A War of Nerves: Soldiers and Psychiatrists, 1914-1994. London, Jonathan Cape, 2000. Wessely, Simon. The Life and Death of Private Harry Farr Journal of the Royal Society of Medicine, Vol 99, September 2006
Verwysings
Kategorie:Psigiatrie