Drosanthemum lavisii is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Wes-Kaap vanaf Montagu en Bredasdorp tot by Albertinia voorkom.
Die spesie is deel van die Renosterveld- en fynbos-biome. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 5 000 km². Daar is dertien subpopulasies wat bedreig word deur gewasverbouing en indringerplante. Die totale populasie is minder as 500 plante.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
lavisii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika