Ruschia intermedia is 'n vetplant uit die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Wes-Kaap voorkom. Dit word gevind in die berge bo Porterville en is deel van die fynbos. Die spesie is laas in 1949 gesien, daar is groot onsekerheid oor die stand van die plant. Dit kan moontlik bedreig word deur gewasverbouing.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
intermedia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika