Ruschia campestris is 'n vetplant uit die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Noord-Kaap op die Besemgoedberg en die westelike berge van die Karoo voorkom. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 1 458 km² en is deel van die Sukkulente Karoo-bioom. Dit is nog net drie keer gesien, die laaste keer in 1953. Die plant kan moontlik deur oorbeweiding bedreig word.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
campestris Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika