Drosanthemum bellum is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Wes-Kaap van Ceres tot by Worcester voorkom. Die spesie is deel van die fynbos.
Dit het 'n voorkomsgebied van 2 000 km² en daar is vyf subpopulasies wat bedreig word deur die aanlê van wingerde. 'n Paar subpopulasies het verlore gegaan toe die Brandvleidam in 1923 gebou is.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
bellum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika