Lampranthus bicolor is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos en die strandveld. Dit kom vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Mosselbaai voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 25 355 km² en daar is tans twintig subpopulasies. Die plant het habitat afgestaan aan kus ontwikkeling maar word nog nie bedreig nie. Moontlike bedreigings is verdere ontwikkeling, indringerplante en gewasverbouing.
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online
bicolor Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika