duimnael|Wigan se stadsaal Wigan is 'n groot dorp in Groter Manchester, Engeland, aan die Douglasrivier. Die dorp is halfpad tussen die twee stede Manchester, 26 km na die suidooste, en Liverpool, 27 km na die suidweste. Bolton lê 16 km na die noordooste en Warrington 19 km na die suide. Dit is die grootste nedersetting in die Metropolitaanse Graafskap van Wigan en is sy administratiewe sentrum. Die dorp het 'n bevolking van 107 732 en die breër geweste 330 713. Wigan was voorheen in die historiese graafskap Lancashire.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Engeland Kategorie:Koördinate op Wikidata