Muldersdrift se loop is 'n rivier wat in Gauteng in Suid-Afrika vloei. Dit is 'n sytak van die Krokodilrivier.
Oorsprong Die oorsprong van Muldersdrift se loop is net noord van Ontdekkersweg by Witpoortjiestasie in Krugersdorp. Dit vloei noord, oor die Witpoortjie-waterval in die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin in Roodepoort en onderdeur die N14 nasionale pad by Muldersdrift. Hiervan hou dit algemeen noordweswaarts totdat dit by die Krokodilrivier aansluit.
Monding Krokodilrivier by (naastenby)
Eksterne skakel Google-kaart van die Muldersdrift se loop se samevloei by Geonames.org (cc-by)
Verwysings
Kategorie:Riviere in Gauteng