Bublos (Grieks: Βύβλος), ook bekend as Joebail of Jebeil (Arabies: جبيل, Joebail, Libanese Arabies: Jbeil; Fenisies: 𐤂𐤁𐤋, GBL, moontlik Gebal) is 'n stad in Libanon. Dit word vermoedelik al sedert 8800 of 7000 v.C. bewoon, en aaneenlopend sedert 5000 v.C. Dit is dus een van die oudste stede ter wêreld wat aaneenlopend bewoon word.

In sy geskiedenis was Bublos deel van verskeie beskawings, insluitend die Ou Ryk van Egipte, Fenisië, Assirië, die Achaemenidiese Ryk, Hellenistiese Griekeland, die Romeinse Ryk, Fatimidiese Kalifaat, Genua, die Mameluksultanaat en die Ottomaanse Ryk.

Die stad is sedert 1984 'n Unesco-wêrelderfenisterrein.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Geografie van Libanon Kategorie:Geskiedenis van Libanon Kategorie:Nedersettings langs die Middellandse See Kategorie:Fenisiese stede