Herbert I (gebore omstreeks 848/850; sterf 907) of Heribertus I, was Graaf van Vermandois, Meaux, en Soissons. Hy was ook 'n leke-ab aan Saint-Quentin. Hy was 'n Karolingiese aristokraat, en het 'n betekenisvolle rol gespeel in Frankië.

Herbert was die seun van Pepyn van Vermandois en 'n agterkleinseun van Pepyn van Italië, seun van Karel die Grote, en 'n moontlike matrilineêre afstammeling van die Nibelungids. Sy vroeë lewe is onbekend. Herbert het voor 889 graaf van Soissons geword en is waarskynlik daarmee vertrou om die Oise-rivier teen Wiking-indringers te verdedig. Hy was 'n tydgenoot van Boudewyn II van Vlaandere en het die voordeel gehad dat hy 'n Karolingiër was (Hy was die agterkleinseun van Pepyn van Italië, wat die seun was van Karel die Grote). Herbert het beide St. Quentin en Péronne beheer, en sy berugte aktiwiteite in die boloop van die riviervallei van die Sommerivier, soos byvoorbeeld die vangs en moord (eerder dan 'n losprys) van sy broer Raoul in 896, kon daartoe bygedra het dat Boudewyn II hom in 907 laat vermoor het.

Herbert I het 'n huweliksalliansie met Robert van Boergondië aangegaan. Hiervolgens sou sy dogter, Beatrix van Vermandois, Robert se tweede vrou word. As deel van hierdie pakt het Herbert ook daartoe ingestem dat sy seun, Herbert II van Vermandois, met Adelheid, Robert se dogter by sy eerste vrou, trou. 'n Ander dogter, Cunegonda, is getroud met Odo van Wetterau.

Kinders Moontlik by 'n sekere Berta:

Beatrix van Vermandois (omstreeks 880- ná 26 Maart 931), getroud met Robert van Boergondië. Grootmoeder van Hugo Capet, Koning van Frankryk van 987 tot 996 Herbert II van Vermandois (sterf 943), getroud met Adelheid van Neustrië 'n Dogter (Adela?), getroud met Graaf Gebhard van die Ufgau Cunegonda van Vermandois, getroud met Odo van Wetterau (omstreeks 895-949)

Verwysings

Bronne

Voorouers Voorouers van Herbert I van Vermandois (850-907)OorgrootouersPepyn van Italië (777-810)∞ ? (-)? (-) ∞ ? (-)? (-) ∞ ? (-)? (-) ∞ ? (-)GrootouersBernhard van Italië (797-818)∞ Kunigonde van Laon. (-)Theoderic van die Vexin (-) ∞ ? (-)OuersPepyn van Vermandois (818-850)∞ ? (-)

Kategorie:Geboortes in die 9de eeu Kategorie:Sterftes in 907