Willem I van Normandië (, Normandies: Willâome de lon Espee, Latyn: Willermus Longa Spata, Oudnoors: Vilhjálmr Langaspjót; omstreeks 893 – 17 Desember 942) was vanaf 927 tot sy sluipmoord in 942 die tweede heerser van die hertogdom van Normandië.Detlev Schwennicke, Europäische Stammtafeln: Stammtafeln zur Geschichte der Europäischen Staaten, Neue Folge, Band III Teilband 1 (Marburg, Duitsland: J. A. Stargardt, 1984), Tafel 79

Hy word somtyds op anachronistiese wyse na verwys as die "Hertog van Normandië", alhoewel die titel "hertog " (dux) eers in die 11de eeu algemeen gebruik is.David C. Douglas, 'The Earliest Norman Counts', The English Historical Review, Vol. 61, No. 240 (Mei, 1946), p. 130David Crouch, The Normans: The History of a Dynasty, (Londen: Hambledon Continuum, 2007), p. 14.The Normans in Europe, redaktrise & vertaler, Elisabeth van Houts (Manchester; New York: Manchester University Press, 2000), pp. 31, 41, 182 Die Frankiese kroniekskrywer Flodoard—wat fyn gelet het op titels—verwys konsekwent na beide Rollo en sy seun as principes (stamhoofde) van die Noormanne.Eleanor Searle, Predatory Kinship and the Creation of Norman Power, 840–1066 (Berkeley: University of California Press, 1988), p. 45

Geboorte Willem is "oorsee" geboreNeveux en ander outoriteite is van mening dat hy dalk in Engeland gebore is, aangesien Rollo Neustrië vir verskeie jare verlaat het, waarskynlik vir Engeland. Sien: Neveux, P. 62; Complainte sur l'assassinat de Guillaume Longue-Ėpée, duc de Normandie, poème inédit du Xe siècle, Gaston Parys; Jules Lair, Bibliothèque de l'école des chartes (1870), Volume 31, Uitgawe 31, bl. 397; Complainte de la mort de Guillaume Longue Ėpėe; en Prentout, Etude critique sur Dudon de Saint-Quentin, 178–9 [ns].François Neveux, A Brief History of the Normans, vertaal deur Howard Curtis (Londen: Constable & Robbinson, Ltd, 2008), p. 62 & n. 111 as die seun van die Wiking Rollo (terwyl hy steeds 'n heiden was) en sy vrou (ingevolge Deense gebruiklik reg) Poppa van Bayeux.David C. Douglas, 'Rollo of Normandy', The English Historical Review, Vol. 57, No. 228 (Okt., 1942), p. 422Orderic Vitalis, The Ecclesiastical History of Orderic Vitalis, red. Marjorie Chibnall, Vol. II (Oxford: Clarendon Press, 1993), P. 7 Dudo van Sint-Quentin beskryf Poppa in sy "Panegyricus" van die Normandiese hertoë as die dogter van 'n sekere Graaf Berengar van Bayeux, destyds die dominante prins in die streek.Douglas, 'Rollo of Normandy', p. 417 Sy word in die 11de eeuse Annales Rotomagenses (Annale van Rouen),Annales Rotomagenses, brillonline.com genoem as die dogter van Guy, Graaf van Senlis,K.S.B. Keats-Rohan, 'Poppa of Bayeux and Her Family', The American Genealogist, vol. 72, no. 4 (Julie–Oktober 1997), p. 198 andersins onbekend.<ref group=lower-alpha>Sien Kommentaar: Die oorsprong van Poppa by: [http://sbaldw.home.mindspring.com/hproject/prov/poppa000.htm Stewart Baldwin, The Henry Project: "Poppa"] vir meer gedetaileerde opinies.</ref> Haar ouerskap is onseker.Neveux, pp. 60–1 Volgens die familie se planctus is Willem waarskynlik saam met sy vader gedoop,Crouch, p. 9 wat volgens Orderic VitalisOrderic Vitalis (Latyn: Ordericus Vitalis; 16 Februarie 1075 – omstreeks 1142) was 'n Engelse kroniekskrywer en Benediktynse monnik wat een van die bekendste kontemporêre kronieke oor die 11de en 12de eeuse Normandië en Anglo-Normandiese Engeland geskryf het. Moderne historici beskou hom as 'n betroubare bron. Sien Hollister Henry I p. 6 in 912 plaasgevind het. Die doop is waargeneem deur Franco, Aartsbiskop van Rouen.Vitalis, p. 67 (Met die aanhaling van Willem van Jumièges, Boek II, hoofstuk 12)

Lewe Willem het in 927 vir Rollo (wat nog vir vyf jaar sou leef)Douglas, 'Rollo of Normandy', p. 435 opgevolg. Hy het reeds vroeg in sy bewind 'n rebellie deur die Normandiërs bestry,The Normans in Europe, p. 41 (Aanhaling uit Willem se Planctus, wat kort na sy afsterwe in 942 geskryf is) wat van mening was dat hy te veel geassimileer was as Galliër.A Companion to the Anglo-Norman World, redakteurs, Christopher Harper-Bill; Elisabeth Van Houts (Woodbridge, VK: The Boydell Press, 2007), p. 25 Volgens Orderic Vitalis was die leier van die rebellie Riouf van Evreux,Crouch, p. 11Neveux, p. 72 wat Willem in Rouen beleër het. Willem het egter 'n beslissende geveg gewen, wat sy gesag as hertog bewys het. Ten tyde van die 933-rebellie het Willem sy swanger vrou Sprota (volgens die Deense gebruiklike reg oftewel "more danico") na Fécamp gestuur, waar hul seun Richard gebore is.Searle, p. 95

In 933 het Willem vir Roedolf van Frankryk, wat moeite gehad het om sy gesag in Noord-Frankryk af te dwing, as Koning van Wes-Frankië erken. Op sy beurt het Roedolf hom aangestel oor groot dele van die Bretonners se gebied, insluitende Avranches, Cotentin en die Kanaaleilande.Pierre Riché, The Carolingians; A Family who Forged Europe, vertaler, Michael Idomir Allen (Philadelphia: University of Pennsylvania Press, 1993), pp. 252–3The Annals of Flodoard of Reims; 916–966, redakteurs & vertalers, Steven Fanning en Bernard S. Bachrach (New York; Ontario Kanada: University of Toronto Press, 2011), p. xvii & notas 15b, 85 Die Bretonners het nie ingestem tot hierdie veranderings nie en weerstand gebied teen die Normandiërs. Die terugvegpoging is gelei deur Alan II van Bretagne en graaf Judicael Berengar. Kort daarna het dit egter in 'n slagting ontaard, met Bretonse kastele wat gelyk gemaak is met die grond. Alan II het na Engeland gevlug, met Beranger wat om versoening gepleit het.The Gesta Normannorum Ducum of William of Jumieges, Orderic Vitalis, and Robert of Torigni, redaktrise en vertaler Elizabeth M.C. Van Houts, Vol. I (Oxford: Clarendon Press, 1992), p. 79

In 935 is Willem getroud met Luitgard van Vermandois, die dogter van Hertog Herbert II van Vermandois. Sy bruidskat het hom die gebiede van Longueville (Manche), Coudres en Illiers l'Eveque besorg. Hy het ook gereël vir 'n huwelik tussen sy suster Adelheid (haar Noorse naam was Geirlaug'') en Willem III van Akwitanië, met goedkeuring van Hugo die Grote.The Gesta Normannorum Ducum of William of Jumieges, Orderic Vitalis, and Robert of Torigni, p. 81 Hy was, bykomend tot sy ondersteuning van koning Roedolf, nou 'n lojale bondgenoot van sy skoonvader Herbert II, terwyl sy vader Rollo teen beide gekant was.The Annals of Flodoard of Reims, 916–966, p. xxi In Januarie 936 sterf koning Roedolf. Die 16-jarige Lodewyk IV van Frankryk, wat in ballingskap in Engeland gewoon het, is deur 'n belofte van lojaliteit deur Willem omgehaal om terug te keer en koning te word. Die Bretonners het teruggekeer om die gebiede wat deur die Normandiërs beset is terug te neem, wat gelei het tot opnieude gevegte in die uitgebreide Normandiese gebiede.

Die nuwe koning was nie in staat daartoe om sy baronne te beheer nie, en nadat Willem se swaer Herluin II van Montreuil deur Vlaandere aangeval is, het Willem hom in 939 te hulp gesnel. Arnulf I van Vlaandere het wraak geneem deur Normandië aan te val. Arnulf I het die kasteel van Montreuil-sur-Mer ingeneem en Herluin verdryf. Herluin en Willem het egter die kasteel teruggeneem.Searle, p. 56David Nicholas, Medieval Flanders (Londen: Longman Group UK Limited, 1992), p. 40 Willem is weens die vernietiging van verskeie landgoedere wat aan Arnulf behoort het geëkskommunikeer.The Annals of Flodoard of Reims; 916–966, p. 31 Willem het lojaliteit aan koning Lodewyk IV beloof toe hulle in 940 ontmoet het. In ruil daarvoor is hy bevestig as die eienaar van die gebiede wat vroeër aan sy vader Rollo gegee is.The Annals of Flodoard of Reims; 916–966, p. 32

duimnael|regs|

In 941 is 'n vredesverdrag in Rouen tussen die Bretonners en Normandiërs onderteken met behulp van koning Lodewyk IV, wat Normandiese uitbreiding in die Bretonners se gebiede beperk het. Willem is die volgende jaar op 17 Desember 942 by Picquigny op 'n eiland in die Sommerivier in 'n lokval gelei en vermoor deur ondersteuners van Arnulf, terwyl hy 'n vredeskonferensie bygewoon het om hul verskille te besleg.

Familie Willem het geen kinders by sy Christenvrou Luitgard gehad nie.Neveux, p. 90 Hy het sy seun, Richard I van Normandië, by Sprota,Sprota is getroud met Esperling, 'n ryk meulenaar in die Pont-de-l'Arche-Louviers-streek. By haar het hy 'n seun gehad, graaf Rodulf van Ivry, wat een van die mees betroubare raadgewers van sy halfbroer, Richard I van Normandië, was. Sien Searle, bl. 108 en The Normans in Europe, p. 57 sy vrou ingevolge Deense gebruik, gehad.The Normans in Europe, p. 47 Richard het sy vader Willem op 10-jarige ouderdom opgevolg as heerser van Normandië, na sy vader se dood in Desember 942.

Notas

Verwysings

Eksterne skakels Planctus vir Willem Stewart Baldwin oor Guillaume "Longue Épée" van Normandië

Kategorie:Geboortes in die 890's Kategorie:Sterftes in 942