Die Umbilorivier is 'n belangrike rivier wat sentraal-oos in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika vloei. Die rivier ontspring in Kloof wes van die stad Durban en mond in die Durbanse hawe.

Die Umbilorivier vorm deel van die Durban Metro se d'Moss-roete en bewaringspogings.

Omgewingskwessies In 2015 het inwoners gekla oor die voortdurende besoedeling van die rivier die afgelope twee jaar, insluitend 'n verskriklike stank en 'n kleurverandering na "smurfblou". In Oktober 2020 is hoë vlakke van E. coli in die rivier bespeur, weens 'n wanfunksie by 'n rioolpompstasie. 'n Week later is 100 duisende liter ru-olie in die Umbilorivier gestort.

Daar is reeds in Julie 2020 met 'n petisie deur Greenpeace Africa en die uMbilo River Watch-gemeenskapsgroep begin om die hewige besoedeling stop te sit.

Verwysings

Kategorie:Riviere in KwaZulu-Natal