Nota: Moet nie verwar word met 'n ander Klein-Caledonrivier, wat as die Phuthiatsanarivier bekend staan in Lesotho nie.
Die Klein-Caledonrivier is 'n rivier in die ooste van die Vrystaat, Suid-Afrika. Dit ontspring teen die hange van Wodehousekop (2 433 m) in die Rooiberge van die Golden Gate-Hoogland. Hiervandaan vloei dit weswaarts na Clarens, waar dit by tye deur die Klein-Caledonrivieruitval, 'n uitval van die Lesotho-Hoogland-waterprojek aangevul word. Dit draai dan suidwaarts en eindelik weer suidoos om te Caledonspoort 'n regtersytak van die Caledonrivier, 'n voorloper van die Oranjerivier te vorm. links|duimnael|Die Klein-Caledonuitval van die Lesotho-Hoogland-waterprojek verskaf water aan die Vrystaat tydens droogtes en waterkrisisse.
Kategorie:Riviere in Vrystaat