Die Derde simfonie in E-mol-majeur, Opus 55, (in Italiaans die Sinfonia Eroica) is 'n simfonie in vier bewegings deur Ludwig van Beethoven. Die Eroica-simfonie is een van Beethoven se mees gevierde werke. Dit is 'n grootskaalse komposisie wat die begin van Beethoven se kreatiewe middelperiode ingelui het.The Symphony, ed. Ralph Hill, Pelican Books (1949), p. 99.Symphony No. 6 in F Major, Op. 68 Pastorale (Schott), ed. Max Unger, p. vi.

Die werk is hoofsaaklik in 1803 en 1804 gekomponeer en het die grense van vorm, lengte, harmonie en emosionele en moontlik kulturele inhoud versit. Daarom word dit wyd beskou as 'n belangrike baken in die oorgang tussen die Klassieke en die Romantiese era. Dit word ook gereeld beskou as die eerste romantiese simfonie.

Instrumentasie Die Eroica is getoonset vir twee fluite, twee hobo's, twee klarinette in B-mol, twee fagotte, drie horings (die eerste in E-mol, C en F; die tweede in E-mol en C; en die derde in E-mol), twee trompette in E-mol en C, timpani in E-mol en B-mol (in die eerste, derde en vierde bewegings) en in C en G (in die tweede beweging), en strykers.

Vorm I. Allegro con brio (12–18 minute lank) in E-mol-majeur

II. Marcia finebre: Adagio assai (14–18 minute lank) in C-mineur

III. Scherzo: Allegro vivace (5–6 minute lank) in E-mol-majeur

IV. Finale: Allegro molto (10–14 minute lank) in E-mol-majeur Afhangend van die styl van die dirigent en/of die herhaling in die eksposisie in die eerste beweging plaasvind, wissel uitvoeringstyd van 41 tot 56 minute.

I. Allegro con brio Die eerste beweging, in 3/4-tyd, is in sonatevorm, met tipiese uitvoerings wat tussen 12 en 18 minute duur, afhangende van die interpretasie en of die herhaling van die eksposisie gespeel word. Anders as die langer inleidings van Beethoven se eerste twee simfonieë, begin dié beweging met twee groot E-mol-majeurakkoorde, gespeel deur die hele orkes, wat die tonaliteit van die beweging bepaal.

Die dirigent Kenneth Woods het opgemerk dat die openingsbeweging van Eroica geïnspireer is deur en gebaseer is op die model van Mozart se 39ste simfonie (KV 543, ook in E-mol-majeur) en dat dit vele kenmerke deel met dié simfonie wat die Eroica een en 'n half dekade voorafgaan.Kenneth Woods. 2016. Explore the Score – Beethoven: Symphony No. 3 in E-flat major, Opus 55, Sinfonica eroica, 27 Januarie.

Eksposisie Die eksposisie begin met die tjello's wat die eerste tema bekendstel. In die vyfde maat van die melodie (maat 7) word 'n chromatiese noot (C#) gebruik, wat die harmoniese spanning in die werk teweegbring. Die melodie word afgesluit deur die eerste viole wat 'n gesinkopeerde reeks G's speel (wat 'n drietoon met die C# van die tjello's vorm). Die eerste tema word dan weer deur die verskillende instrumente gespeel.

Die modulasie na die dominante sleutel van B♭ verskyn vroeg (maat 42–44).B, Cooper. 2008. Beethoven. Oxford: Oxford University Press.:140 In die tradisionele ontleding word dit gevolg deur drie (of twee, volgens sommige denkskole oorgangstemas wat die omvang van die eksposisie beduidend uitbrei – 'n liriese, afwaartse motief (maat 45–56), 'n opwaartse toonleermotief (maat 57–64) en 'n deel wat met vinnige afwaartse patrone in die viole begin (maat 65–82). Dit lei uiteindelik tot 'n liriese tweede tema (maat 83), wat ongewoon laat isGrove, G. 1896. Beethoven and his Nine Symphonies . London: Novello and Co. Beskikbaar by IMSLP(besoek op 27 Augustus 2020).:61. Hierna word die tweede helfte van die tema uiteindelik tot 'n luide melodie uitgebou (maat 109) wat gebruik maak van die vroeëre afwaartse motief (maat 113). Die eksposisie bereik 'n hoogtepunt wanneer die musiek deur ses opeenvolgende sforzando-akkoorde (maat 128–131) onderbreek word. Later, ná die eindakkoorde van die eksposisie (maat 144–148), keer die hooftema terug in 'n kort kodetta (maat 148), wat dan na die herhaling of ontwikkeling oorgaan.

Volgens 'n alternatiewe ontleding begin die tweede tema vroeër reeds met die liriese afwaartse motief in maat 45. Volgens dié benadering kom die tradisionele harmoniese progressie van die eksposisie in maat 82 tot 'n einde, wanneer 'n nuwe liriese tema in maat 83 'n uitbreiding begin. Dié patroon stem ooreen met die patroon wat later in die ontwikkeling gevind word waar die klimaks 'n nuwe liriese tema inlei wat in detail uitgebrei word. Boonop word die afwaartse motief (maat 45) in die volgende deel beduidend ontwikkel, hoewel die liriese tema (maat 83) nie voorkom nie.Sipe, Thomas. 1998. Beethoven: Eroica Symphony. Cambridge University Press.:97 Dit is ook al opgemerk dat die sonatevorm en orkesoorgange heeltemal behoue sou bly as die tweede helfte van die eksposisie weggelaat word (maat 83–143).B, Cooper. 2008. Beethoven. Oxford: Oxford University Press.:140 Daar is egter ook opgemerk dat vorm en orkestrasie ook behoue sou kon bly as die tweede en derde oorgangsgedeeltes weggelaat sou word (maat 57–82),Bernstein, L. 1953. Eroica analysis (klankopname, 1956–57, om die 1953- Decca-opnames te vergesel), in 2005 heruitgereik deur Deutsche Grammophon ("Original Masters"-reeks); Bernstein Eroica-ontleding 1/3 op YouTube. wat met die tradisionele ontleding ooreenstem.

Ontwikkeling Die ontwikkelingsgedeelte (maat 154) word, soos die res van die beweging, gekenmerk deur harmoniese en ritmiese spanning weens dissonante akkoorde en lang gesinkopeerde passasies. Ná verskillende tematiese eksplorasies en kontrapunt ontplof die musiek uiteindelik in 'n passasie van 32 mates (248–279) wat bestaan uit sforzando-akkoorde, insluitend sowel 2-slag- as 3-slag-afwaartse patrone, wat 'n hoogtepunt bereik op die luide dissonante forte-akkoorde (maat 276–279). Sommige kenners meen dié uitbarsting van woede vorm die kern van die hele beweging. Dis skynbaar in hierdie gedeelte dat Beethoven tydens 'n Kersfees 1804-uitvoering 'n verskillende tempo as die orkes gehandhaaf het en die verwarde musici gedwing het om op te hou en oor te begin.Grove, G. 1896. Beethoven and his Nine Symphonies . London: Novello and Co. Beskikbaar by IMSLP(besoek op 27 Augustus 2020).:64 en voetnoot

Eerder as om op hierdie punt tot die herkapitulasie te lei, word 'n nuwe tema in E-mineur ingelei (maat 284). Dit lei uiteindelik tot 'n ontwikkeling van bykans dubbele lengte, in dieselfde verhouding tot die uiteensetting.:140 duimnael| Ferdinand Ries (1784–1838), Beethoven se vriend, leerling en sekretaris. Aan die einde van die ontwikkeling klink dit asof een horing te vroeg met die hooftema in E-mol inval (maat 394–395), terwyl die strykers steeds die dominante akkoord speel. In die 19de eeu is dit as 'n fout beskou; sommige dirigente het aanvaar dat die horingparty in die tenoorsleutel geskryf is (B-mol – D – B-mol – F), terwyl ander die tweedevioolharmonie na G (tonika-akkoord) verander het – 'n fout wat uiteindelik in 'n vroeë gedrukte weergawe verskyn het.:66 & voetnota Beethoven se sekretaris, Ferdinand Ries, het egter dié anekdote oor daardie horinginval gedeel:Ferdinand Ries & Franz Wegeler. 1987. Beethoven remembered: The biographical notes of Franz Wegeler and Ferdinand Ries. Vertaal deur Frederick Noonan. Arlington: Great Ocean Publishers, bl. 69. . Die eerste repetisie van die simfonie was vreeslik, maar die horingspeler het inderdaad op die korrekte tyd ingeval. Ek het langs Beethoven gestaan en, omdat ek geglo het dat hy verkeerd ingeval het, het ek gesê: "Die verdomde horingspeler! Kan hy nie tel nie? Dit klink vreeslik verkeerd." Ek glo dat ek amper oor die kop geslaan is. Beethoven het my vir lank daarna nog kwalig geneem.

Herhalingsgedeelte (rekapitulasie) en koda Die herhalingsgedeelte transponeer vroeg reeds F-majeur:141 voordat dit uiteindelik na 'n meer tipiese vorm terugkeer. Die beweging word afgesluit met 'n lang koda wat die nuwe tema – wat die eerste keer in die ontwikkelingsseksie aangebied is – weer bekendstel.

II. Marcia funebre. Adagio assai Die tweede beweging is 'n dodemars in ternêre vorm (A–B–A) wat tipies is van die 18de-eeuse dodemarse,Roden, T.J., Wright, C. & Simms, B.R. 2009. Anthology for music in Western civilization, Vol. 2 . New York: Schirmer.:1071 hoewel dit "groot en ruim ontwikkeld" is en waarin die hooftema die funksies het van 'n refrein soos in rondo-vorm.Lockwood, L. 2015. Beethoven's Symphonies – An artistic vision. New York: W.W. Norton & Co.:70 Musikaal is die tematiese plegtigheid van die tweede beweging geskik om 'n dodemars te wees. Die beweging is tussen 14 en 18 minute lank.

Die strykers open die openingsdeel (A) in C-mineur; daarna die blasers. 'n Tweede tema (maat 17) in die relatiewe majeur (E-mol) keer vinnig na die mineur terug, en dié materiaal word dwarsdeur die res van die A-gedeelte ontwikkel.:72 Dit gee uiteindelik toe aan 'n kort B-afdeling in C-majeur (maat 69), wat as die trio van die mars beskou kan word, aldus Grove,:72 waartoe Beethoven ongewone aandag trek deur "Maggiore" (majeur) in die bladmusiek aan te dui.

Op hierdie punt sou die tradisionele "grense van seremoniële gepastheid" normaalweg 'n da capo-terugkeer na die A-tema voorskryf.:106 Die eerste tema in C-mineur (maat 105) begin egter in die sesde maat (maat 110) moduleer, wat tot 'n fuga in F-mineur lei (maat 114) wat op 'n omkering van die oorspronklike tweede tema gebaseer is. Die eerste tema word vlugtig weer in G-mineur deur die strykers herhaal (maat 154), gevolg deur 'n stormagtige ontwikkelingsgedeelte ("'n skokkende fortissimo-sprong").:70,Roden, T.J., Wright, C. & Simms, B.R. 2009. Anthology for music in Western civilization, Vol. 2 . New York: Schirmer.:1072 'n Volledige heraankondiging van die eerste tema in die oorspronklike sleutel word dan deur die hobo ingelei (maat 173).

Die koda (maat 209) begin met 'n marsmotief deur die strykers wat vroeër in die hoofgedeelte gehoor is (by maat 78 en 100):72 en eindig uiteindelik met 'n finale sagte weergawe van die hooftema (maat 238), uitgedruk in kort frases wat met stiltes afgewissel word.:70

III. Scherzo. Allegro vivace - Trio Die derde beweging is 'n lewendige scherzo met trio in vinnige 3/4-tyd. Dit is tussen 5 en 6 minute lank.

Die A-tema van die buitenste scherzo-gedeelte is pianissimo in die dominante sleutel van B-mol (maat 7 en 21), dan piano in die sekondêre dominante sleutel van F, wanneer die B-deel van die buitenste scherzo gehoor word (maat 41). Dit word gevolg deur 'n pianissimo-herbegin in B-mol (maat 73) wanneer die A-tema weer gehoor word. Dit lei tot 'n volledige fortissimo- weergawe in die tonikasleutel van E-mol (maat 93). Later word 'n afwaartse arpeggio-motief met sforzandos op die tweede maat twee keer eenstemmig gespeel, eers deur die strykers (mate 115–119) en daarna deur die volle orkes (mate 123–127). Dit word gevolg deur 'n gesinkopeerde motief wat deur dalende vierdes gekenmerk word (maat 143) en tot die herhaling lei.

Die trio-gedeelte span drie horings in – die eerste keer dat dit in die simfoniese tradisie gebeurLockwood, L. 2015. Beethoven's Symphonies – An artistic vision. New York: W.W. Norton & Co.:71 Die scherzo word dan in verkorte vorm herhaal,Grove, G. 1896. Beethoven and his Nine Symphonies . London: Novello and Co. Beskikbaar by IMSLP(besoek op 27 Augustus 2020).:78, maar heel opmerklik word die tweede voorkoms van die afwaartse unisoonmotief na alla breve-tyd verander word (mate 381–384). Die beweging eindig met 'n koda (maat 423) – wat Beethoven met woord "Coda" merk, wat baie ongewoon is – wat vinnig bou van pianissimo tot fortissimo, wat die patroon van die hele beweging opsom.:70

IV. Finale. Allegro molto - Poco Andante - Presto Die vierde beweging bestaan uit 10 variasies op 'n tema, en is tussen 10 en 14 minute lank. Beethoven het dié tema voorheen al gebruik en vorm waarskynlik die basis vir die eerste drie bewegings van die simfonie (sien Tematiese oorprong hieronder).