Pirog (Russies: пиро́г) is 'n gebakte deegdop met 'n soet of sout vulsel.Darra Goldstein. A Taste of Russia: A Cookbook of Russian Hospitality, "Russian pies", p.54. Russian Information Service, 1999, Вильям Похлебкин. Кулинарный словарь, Пироги. Москва: Центрполиграф, 2007, (William Pokhlyobkin. The Culinary Dictionary, "Pirogi". Moskou: Centrpoligraph, 2007; in Russies) Die gereg is algemeen in die Oos-Europese kookkuns. Pirogi (пироги́, meervoud) word beskryf as "alomteenwoordig in die Russiese lewe" en "die gewildste en belangrikste gereg"Леонид Беловинский. Энциклопедический словарь российской жизни и истории: XVIII-начало XX в., стр. 557, Пирог (Leonid Belovinskiy. The encyclopedic dictionary of Russian life and history: from the 18th to the beginning of the 20th centurym p. 557, "Pirog"; in Russies) in Rusland.
Die naam kom van die antieke Protoslawiese woord pir, wat "banket" of "fees" beteken.Вильям Похлебкин. Большая энциклопедия кулинарного искусства, Пироги русские. Москва: Центрполиграф, 2010, (William Pokhlyobkin. The Great Encyclopedia of Culinary Art, "Russian pirogi". Moscow: Centrpoligraph, 2010; in Russies)
Vorms Pirogi het verskillende groottes en vorms: Hulle is dikwels ovaal met nou punte, maar kan ook rond of vierkantig wees.Stechishin, S. (1989). Traditional Ukrainian Cookery. Trident Press, Kanada.
Hulle kan óf toe óf oop bo wees.
Deeg en vulsels Hulle word gemaak van gegiste deeg, wat hulle onderskei van ander soorte pasteie. Voorheen was die deeg vir die Russiese pirog van rogmeel en later rogmeel gemeng met koringmeel, maar deesdae is dit meestal van koringmeel.
Ander soorte deeg, soos skilferdeeg, kan ook gebruik word. In Oos-Slawiese tale dui die woord pirog op enige soort pastei, tert of koek.
Die vulsel kan soet wees en wrongel- of maaskaas bevat, asook vrugte soos appel, pruime of bessies. Ander moontlike bestanddele is heuning, neute en papawersaad. Sout weergawes kan bestaan uit vleis, vis, sampioene, kool, rys of aartappels. In Oekraïne en Rusland word pirogi (en die kleiner weergawes bekend as pirozjki) met sout vulsels tradisioneel voorgesit saam met helder borsjt of ander sop.
Soorte Sekere soorte pirog is onder ander name bekende: Coulibiac, 'n ovaal Russiese pastei met 'n ingewikkelde vulsel; Koernik ("hoenderpirog"), ook bekend as bruilof- of tsarepirog, 'n koepelvormige sout Russiese pirog, gewoonlik met hoender, eiers, uie, kasja of rys;Вильям Похлебкин. Кулинарный словарь, Курник. Москва: Центрполиграф, 2007, (William Pokhlyobkin. The Culinary Dictionary, "Kurnik". Moskou: Centrpoligraph, 2007)Леонид Зданович. Кулинарный словарь, Курник. Москва: Вече, 2001, (Leonid Zdanovich. Culinary dictionary, "Kurnik". Moskou: Veche, 2001; in Russies) Papawersaad- en neutrol, wat in Sentraal- en Oos-Europa gewild is; Pirozjki, letterlik "pasteitjies", is kleiner weergawes wat met die hand geëet kan word; Sjanga, 'n klein of mediumgroot sout pirog wat oop is bo en algemeen is in die Oeralstreek en Siberië;Max Vasmer. Russisches etymologisches Wörterbuch. Winter. Heidelberg, 1953–1958 (in Duits); Шаньга (in Russies) Watroesjka, 'n klein, soet pirog wat in Oos-Slawiese kulture gewild is. Dit is 'n ring deeg met wrongelkaas in die middel.Леонид Зданович. Кулинарный словарь, Ватрушка. Москва: Вече, 2001, (Leonid Zdanovich. Culinary dictionary, "Vatrushka". Moskou: Veche, 2001; in Russies)
Galery
Verwysings
Skakels
Kategorie:Russiese kookkuns Kategorie:Oekraïense kookkuns Kategorie:Soetgoed