thumb|258px|Oladji voorgesit met kaviaar en suurroom.
Oladji (Russies: оладьи, meervoud; enkelvoud: оладья, oladja; Oekraïens: оладки, oladki, enkelvoud: оладок, oladok) is klein, dik pannekoeke of plaatkoekies wat algemeen in die Russiese, Oekraïense en Belarussiese kookkuns is. Die deeg vir oladji word van koringmeel, eiers, melk, sout en suiker gemaak met 'n rysmiddel (gis of bakpoeier) bygevoeg.
Die deeg kan ook gebaseer wees op bokwiet, kefir, suurmelk of joghurt. Verskeie bestanddele kan bygevoeg word, soos appel of rosyntjies.
Oladji word gewoonlik voorgesit saam met suurroom en iets soets soos konfyt, heuning, ens. Soutweergawes kan voorgesit word met kaviaar, nes blini.
Gewoonlik verwys die woord "oladji" in Oos-Slawiese kookkuns ook na koekies wat met ander bestanddele gemaak word, soos aartappels, wortels, boontjies en rys. Pannekoeke van wrongelkaas kan ook as 'n soort oladji beskou word.
Etimologie Doe Ou Oos-Slawiese woord oladja is die eerste keer in 1470 gebruik. As 'n gereg word dit die eerste keer genoem in Domostroi, die 16de-eeuse Russiese boek oor huishouding. Die woord kom van die antieke Griekse ἐλάδιον, die verkleinwoord van ἔλαιον, "olyfolie", "olierige middel".
Verwysings
Bronne
Skakels
Kategorie:Russiese kookkuns Kategorie:Oekraïense kookkuns Kategorie:Soetgoed