thumb|220px|'n Baboesjka met koelitsj en kleurryke Paaseiers in Stawropol-krai, Rusland.
Koelitsj (Russies: кули́ч, van die antieke Griekse κόλλῑξ, kóllīx, "growwe broodrol") is die Russiese naam vir Paasbrood. Die Oos-Slawiërs se feesbrood was rond en hoog, met deegversierings bo-op. Die silindriese vorm van die brood word verbind met die kerkpraktyk van suurdeegbrood.
Die brood word gewoonlik genuttig in lande wat met die Bisantynse Ryk verbind word en is 'n tradisie in kulture met 'n Oosters-Ortodokse bevolking, soos Rusland, Belarus, Oekraïne, Roemenië, Georgië, Moldowa, Noord-Masedonië en Serwië. Koelitsj verteenwoordig nie net Paasfees nie, maar ook die lente.
Bereiding Voor die Paasdiens word koelitsj tradisioneel in 'n mandjie geplaas en met kleurryke blomme versier. Ná die diens word dit deur die priester geseën. Geseënde koelitsj word elke dag voor ontbyt geëet. Enige orige koelitsj wat nie geseën is nie, word tydens die Paasfees as poeding geëet.
Koelitsj word in lang, silindriese blikke (soos koffie- of vrugtesapblikke) gebak. Wanneer dit gaar is, word dit met wit versiersuiker en kleurryke blomme versier.
Koelitsj word net tussen die Paasfees en Pinkster geëet.Dee, Aliza. "Kulich – Russia's Classic Easter Cake" , The Moscow Times, Moskou, 10 April 2015. Besoek op 29 February 2016.
Galery
Verwysings
Skakels Resepte vir koelitsj (in Russies, met foto's)
Kategorie:Paasfees Kategorie:Oosters-Ortodokse Kerk Kategorie:Russiese kookkuns Kategorie:Oekraïense kookkuns