Michigan (Engels: State of Michigan) is 'n deelstaat van die Verenigde State van Amerika. Dit bestaan uit twee skiereilande: Die Opper-Skiereiland (Engels: Upper Peninsula of UP) en die Neder-Skiereiland (Engels: Lower Peninsula).

Die Opper-Skiereiland word in die noorde deur die Bowemeer, in die suide deur die Michiganmeer, en in die weste deur die deelstaat Wisconsin begrens. Neder-Skiereiland word in die ooste deur die Huronmeer, Kanada (Ontario), die Saint Clairmeer en die Eriemeer, in die suide deur Ohio en Indiana, en in die weste deur die Michiganmeer begrens. Die Straat van Mackinac lê tussen Opper- en Neder-Skiereiland.

Lansing is die hoofstad en die grootste stad is Detroit. Michigan het 'n bevolking van omtrent 9,9 miljoen en 'n oppervlakte van 253 793 vierkante kilometer. Dit is die 26ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is.

Michigan se byname is The Great Lakes State, The Wolverine (veelvraat) State, The Automotive State, en Water-Winter Wonderland. Die naam Michigan kom van die Ojibwe woord mishigami, wat 'groot water' of 'groot meer' beteken. duimnael|links|'n Nagaansig van Detroit se middestad duimnael|links|Grand Hotel, Mackinac Island duimnael|links|Rustige vakansies op Mackinac Island - Motown? Never heard of it! duimnael|links|Die Mackinaw-hangbrug (sedert sy voltooiing in 1957 met vyf myl een van die langste hangbrûe ter wêreld) oor die gelyknamige seestraat verbind die twee skiereilande van Michigan met mekaar duimnael|links|'n Nedersetting op die Opper-Skiereiland duimnael|links|Sononder oor 'n eensame rivierpad naby Otisville, Genesee County duimnael|links|Herfskleure in Michigan - lugaansig van 'n bospad naby Grayling in Crawford County duimnael|links|Herfskleure naby East Jordan in Antrim County duimnael|links|Herfskleure langs Lake Margrethe naby Grayling duimnael|links|Selfs die kleinste waterval het sy bekoringPorcupine Mountains Wilderness State Park duimnael|links|Betonbrug oor die Ocqueoc River in Presque Isle County duimnael|links|Kranse langs die Pictured Rocks National Lakeshore, Opper-Skiereiland duimnael|links|Sandduinlandskap langs die Michiganmeer: Sleeping Bear Dunes National Lakeshore

Eksterne skakels Toerisme

Pure Michigan Geskiedenis

Historical Society of Michigan