Georgia (Engels: State of Georgia) is 'n deelstaat in die suidooste van die Verenigde State van Amerika. Dit is een van die oorspronklike 13 deelstate wat in opstand teen die Britse heerskappy gekom het. Atlanta is die hoofstad asook die grootste stad. duimnael|links|Magtige eikebome vorm 'n sierlike baldakyn oor U.S. Route 17 in McIntosh County duimnael|links|Black Rock Mountain State Park Die deelstaat het 'n bevolking van 10,6 miljoen en 'n oppervlakte van 153 909 vierkante kilometer. Georgia word in die noorde deur Tennessee en Noord-Carolina, in die ooste deur Suid-Carolina, in die suide deur Florida, en in die weste deur Alabama begrens. Die Atlantiese Oseaan lê in die ooste.
Georgia se byname is Peach State en Empire of the South. Georgia se oorspronklike naam was Province of Georgia (1732 - 1777).
Eksterne skakels Toerisme
Explore Georgia Geskiedenis
Georgia Historical Society Ensiklopediese inligting
New Georgia Encyclopedia