Die lantanter (Brunsvigia josephinae) is 'n geofiet wat tot die Amaryllidaceae familie hoort. Die spesie is endemies in Noord-Kaap, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap en kom van Nieuwoudtville tot by die Baviaanskloof in die renosterveld voor. Die plant het reeds 30% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing die afgelope 70 jaar. Die plant het ook medisinale gebruike.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Brunsvigia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika