Brunsvigia herrei is 'n geofiet wat tot die Amaryllidaceae familie hoort. Die spesie is inheems in Namibië en die Noord-Kaap. Dit kom van die suide van Namibië tot by Springbok voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 4 998 km² en daar is ongeveer tien subpopulasies in Suid-Afrika en nog 'n paar in Namibië. Die plant word bedreig deur oorbeweiding deur vee.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Brunsvigia Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika