Fredi Nester Esterhuizen (25 Maart 1959 – 3 Julie 2015) was 'n Afrikaanse liedjieskrywer en sanger. Hy het 14 albums en een DVD oor sy loopbaan opgeneem. Van sy populêre liedjies sluit in: Getoor, Sê My, Meer En Meer, Hey DJ en Bly Net Naby My. Sy verhoognaam, Fredi Nest, is 'n kombinasie van sy voornaam en eerste gedeelte van sy middelste naam.

Biografie Fredi is op 25 Maart 1959 in Johannesburg, Suid-Afrika, gebore en was die oudste van vyf kinders. Hy het al van kleintyd af gesing en kitaar gespeel, maar het eers in sy laat dertigs besluit om musiek sy loopbaan te maak.

In 1995 is sy debuutalbum, Memory Train, uitgereik. 'n Jaar later het hy die IBA-prys vir Listen To Me, as die mees gespeelde liedjie op gemeenskapradiostasies ontvang. Hy het sy deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf in 1999 met die album Wie is jy gemaak.

Nest het in Cullinan naby Pretoria gewoon, waar hy vir homself 'n ateljee gebou het wat ook vir CD-opnames en produksies gebruik is.

'n Breingewas is in Mei 2015 by hom gediagnoseer, waarna hy behandeling by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria ontvang het. Die kanker het egter vinnig na die res van sy liggaam versprei. Hy is op 3 Julie 2015 by 'n plaaslike hospice oorlede.Fredi Nest verloor kankerstryd, Maroela Media, 3 Julie 2015

Diskografie Nest het die volgende albums opgeneem: Memory Train, 1995 Leave a Light On in, 1997 Wie Is Jy?, 1999 Goue Gunstelinge, 2001 Kom na my toe, 2003 Sê My, 2005 Hey DJ, 2006 Kom kry vir jou, 2007 Grootste Treffers LIVE (DVD), 2007 Vrystaat Limousine, 2008 SELECT Dronkverliefverslaafaanjou, 2010 SELECT Grootste Treffers, 2011 SELECT Begin By My, 2012 SELECT Desperado, 2014 SHIAM MUSIC I Surrender,2017 IBEntertainment

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Verwysings

Eksterne skakels Video van Fredi Nest se liedjie "Hey DJ!"

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Sterftes in 2015