Al Ain (Arabies: ) is 'n stad in die Verenigde Arabiese Emirate, in die emiraat Aboe Dhabi. Met sy 766 936 inwoners (2017) is dit die tweede grootste stad in die emiraat en die vierde grootste in die land. Al Ain is sowat 160 kilometer oos van die hoofstad Aboe Dhabi en 120 kilometer suid van Doebai. Die grens met Oman verdeel die stad in twee. Die Omani-deel van die stad word Buraimi genoem. Al Ain Internasionale Lughawe is ongeveer 15 km noordwes van die stad geleë.
Wêrelderfenis In 2011 is verskeie plekke in Al Ain en omgewing op UNESCO se Wêrelderfenislys geplaas. Hierdie plekke is Hafit, Hili, Bidaa Bint Saud en die oases van Al Ain.
Gebore Zayid bin Sultan al Nuhayyan (1918–2004), oud-president van die Verenigde Arabiese Emirate. Khalifa bin Zayed Al Nahayan (1948–2022), sy seun en voormalige president van die land.
Eksterne skakel Inskrywing by UNESCO
Kategorie:Nedersettings in die Verenigde Arabiese Emirate