Dame Te Atairangikaahu (23 Julie 1931 - 15 Augustus 2006) was 40 jaar lank die Maori-koningin. Sy was die Maori-monarg wat die langste geheers het. Haar volle titel en naam was Te Arikinui dame Te Atairangikaahu. Die titel Te Arikinui beteken "opperhoof" en die naam Te Atairangikaahu "die valk in die oggendlug"; dit is aan haar toegeken toe sy monarg word; sy was voorheen bekend as prinses Piki Mahuta en na haar troue as prinses Piki Paki.

Lewe Sy is gebore as Pikimene Korokī Mahuta en was die dogter van Korokī Mahuta en Te Atairangikaahu Hērangi. Sy was 'n afstammeling van die eerste Maori-koning, Pōtatau Te Wherowhero, en het koning Korokī opgevolg. Sy het koningin geword op die dag dat hy begrawe is.

Sy is in 1952 getroud met Whatumoana Paki. Hulle het sewe kinders gehad. In 1970 was Te Atairangikaahu die eerste Maori wat aangestel is as damekommandeur van die Orde van die Britse Ryk "vir uitstekende diens aan die Maori-volk"."New Year Honours List" (15 Januarie 1970) 1 New Zealand Gazette 1 at 15. Op 6 Februarie 1987 het Te Atairangikaahu die eerste aanstelling geword in die Orde van Nieu-Seeland."The Order of New Zealand" (12 Februarie 1987) 20 New Zealand Gazette 705 at 709. Haar medalje van die orde het die nommer 1 op. Sy het twee eredoktorsgrade (1973 en 1999) en verskeie ander medaljes gehad.

Gesondheid In 2005 en 2006 was sy in die hospitaal, maar is betyds vir haar 75ste verjaarsdag ontslaan. Sy is op 15 Augustus 2006 in haar ampswonings in Ngāruawāhia oorlede. Haar oudste seun, Tūheitia Paki, is in die routydperk as haar opvolger aangewys.

Verwysings

Skakels Biografie

Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Sterftes in 2006 Kategorie:Maori-monarge