Korokī Te Rata Mahuta Tāwhiao Pōtatau Te Wherowhero (16 Junie 1906 - 18 Mei 1966) was die vyfde koning van die Maori's. Hy was die oudste seun van koning Te Rata Mahuta en sy vrou, Te Uranga Matai van die Ngāti Korokī-stam. Hy is Korokī genoem na sy ma se stamvader.
Biografie Korokī is op 16 Junie 1906 in Waahi, Huntly, gebore. Hy het 'n jonger broer, Taipu, gehad wat in 1924 oorlede is. Korokī het, waarskynlik in die 1920's, 'n verhouding met Te Paea Raihe gehad en hulle het twee dogters gehad. Omstreeks 1930 het hy getrou met Te Atairangikaahu, by wie hy in 1931 'n dogter, Piki, gehad het. Hulle het ook in 1939 'n seun, Robert Mahuta, aangeneem. Korokī en sy gesin het in Waahi gewoon.
Korokī was 24 toe sy pa op 1 Oktober 1933 dood is. Hy is gekies om sy pa op te volg en het teensinnig ingestem. Hy is op 8 Oktober 1933, die dag van sy pa se begrafnis, gekroon. Op 30 Desember 1953 het hy koningin Elizabeth II ontvang by sy ampswoning by die Tūrangawaewae-marae in Ngāruawāhia.
Hy het op 18 Mei 1966 in Ngāruawāhia gesterf. Hy is opgevolg deur sy dogter Piki, wat op haar kroning haar ma, Te Atairangikaahu, se naam gekry het.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Geboortes in 1906 Kategorie:Sterftes in 1966 Kategorie:Maori-monarge