Die Pondoranktaaibos (Searsia acocksii) is 'n boom wat hoort tot die genus Searsia. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal en kom vanaf die Oribiravyn tot by die Isicezula-woud voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 1700 km², die populasie se getalle daal buite reservate omrede daar te veel en intense veldbrande is.

Die boom se FSA-nommer is 377.2https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die boom bekend as die Pondo Climbing Currant.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online

acocksii Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika