duimnael|links|Hartenbos is bekend vir sy gewilde ATKV-vakansieoord

Hartenbos is 'n dorp in die Wes-Kaap provinsie van Suid-Afrika. Dis is geleë 45 kilometer vanaf George en behoort saam met 20 ander nedersettings aan die Munisipaliteit van Mosselbaai. Hartenbos was oorspronklik 'n plaas, maar die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens het die dorp in 1933 in 'n vakansieoord vir hulle werknemers verander. Die strand by Hartenbos is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer.

Wapen Hartenbos se munisipale raad het in 1985 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer : In goud, 'n alwyn met drie blomtrosse van natuurlike kleur, die skild, aan weerskante rond uitgesny van blou en belaai met 'n regopgesplaaste goue vis. Die helmteken was 'n bosbok op 'n grasgrond, en die wapenspreuk was "Met hart en hand".National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bibliografie "Tourist's Guide to Greater Mossel Bay" (saamgestel deur Marie Sweetnam), vol. 1; Okt. 1997 "Afrikaans my darling", Koos Kombuis, Human & Rousseau (2003)

Verwysings

Eksterne skakels Hartenbos se inligtingsblad op WhereToStay.co.za

Kategorie:ATKV Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap Kategorie:Vakansieoorde