Nicolaas II was die 155ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie Pous Nicolaas II is gebore as Gerard van Boergondië (Frans: Gérard de Bourgogne) in Chevron, Savoje tussen 990 en 995."Nicholas II." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 22 Junie 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9055717 > Hy word ook Gerald van Lotaringe (Frans: Gerald de Lorraine) genoem. Voor sy verkiesing was hy biskop van Florence. Op 6 Desember (of 28 Desember) 1058 volg hy Pous Stefanus IX (X) op en regeer tot sy dood op 19 Julie (of 27 Julie) 1061. Hy word opgevolg deur Pous Alexander II. Die naam ‘Nicolaas’ beteken 'oorwinnaar oor/uit die volk'.

Pontifikaat Pous Nicolaas II was die kandidaat van Hildebrand van Sovana, (later Pous Gregorius VII) en keiserin Agnes van Poitou. Teenpous Benedictus X het die bewind oorgeneem na die dood van Pous Stefanus IX (X) op 29 Maart 1058. Nicolaas word eers op 24 Januarie 1059 in Rome gekroon. Na die kroning van Nicolaas het Benedictus uit Rome gevlug.

Pous Nicolaas was hervormingsgesind en op 13 April 1059 vaardig hy 'n dekreet uit wat bepaal dat die pous voortaan slegs deur die kardinale verkies sal word. Ten opsigte van die Normandiërs in Suid-Italië volg hy 'n ander koers as sy voorgangers. Hy het 'n verbond gesluit met Robert Guiscard, die Normandiese leier en daardeur vrede verseker. Dit het egter nie die goedkeuring van die Duitse biskoppe gehad nie en hulle het probeer om die pous se besluite ongeldig te laat verklaar op 'n sinode in die somer van 1060.

Toe Nicolaas op 27 Julie 1061 sterf het die Duitsers dadelik 'n teenpous Honorius II uit Basel, verkies. Honorius was van Duitse afkoms en is voorgestel deur keiserin Agnes.

Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. . Brand (P); GARIN (J), 1925, Un pape savoyard, Nicolas II (1059–1061), Librairie Dardel, 76 p.

Verwysings

Eksterne skakels

Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Nicolaas II Kategorie:Sterftes in 1061