110px|duimnael|'n Glas rooiwyn
Wyn is 'n alkoholiese drankie, gemaak deur die fermentasie van druiwesap.Wine, Encyclopedia Britannica aanlyn, afgelaai 24 Februarie, 2007. Die natuurlike chemiese balans van druiwe is sodanig dat dit kan gis sonder dat suikers, suur, ensieme of ander voedingstowwe bygevoeg hoef te word.H. Johnson Vintage: The Story of Wine pp. 11–6 Simon & Schuster 1989 Wyn word gemaak deur geperste druiwe te laat gis, deur middel van verskillende soorte gis. Dié verorber die suikers in die druiwe en skakel dit oor na alkohol. Verskillende variëteite van druiwe en tipes gis word gebruik afhangende van die soort wyn wat gemaak word.
Alhoewel ander vrugte soos appels en bessies ook gegis kan word, word die wyn wat dit produseer gewoonlik vernoem na die vrug waarvan dit gemaak is (byvoorbeeld appelwyn of vlierbessiewyn), en dit staan generies bekend as vrugtewyn. Ander soorte, soos garswyn en ryswyn (soos byvoorbeeld sake), word gemaak van stysel en proe meer soos bier en sterk drank as wyn, terwyl gemmerwyn versterk word met brandewyn. In hierdie gevalle verwys die woord wyn eerder na die hoër alkoholinhoud as na die vervaardigingsproses.Barley Wine , The Brewer's Corner, afgelaai 24 Februarie, 2007.
Wyn het 'n lang geskiedenis: Dit dateer terug na ongeveer 6 000 voor Christus en het waarskynlik sy oorsprong gehad in die landgebiede wat tans binne die grense van Georgië en Iran is.World's Earliest Wine. Archeology, vol. 49 (1996), Afgelaai 24 Februarie 2007. Wyn het na alle waarskynlikheid teen ongeveer 4 500 voor Christus sy verskyning in Europa gemaak, in die hedendaagse Bulgarye en Griekeland is. Dit was algemeen verkrygbaar in Ou Griekeland, Thrakië en Rome. Wyn het ook 'n belangrike rol gespeel in godsdiens dwarsdeur die geskiedenis. Die Ou Griekse god Dionusos en die Romeinse god Bakgos het wyn verteenwoordig, en die drank word ook gebruik in Christelike en Joodse seremonies soos die Nagmaal en Kiddush (Hebreeus: קידוש, letterlik, "heiligmaking", 'n seënwens wat oor wyn of druiwe uitgespreek word om die Sabbat of 'n Joodse heilige dag te heilig).
Die woord "wyn" se oorsprong kan teruggelei word na die Proto-Germaanse wortel *winam, 'n vroeë bruikleen vanaf die Latynse vinum ("wyn" of "druiwestok"), wat op sy beurt weer kom vanaf die Proto-Indo-Europese stam *win-o-.Wynetimologie, etymonline.com, Afgelaai 24 Februarie, 2007.Foinos, Etymologicon Magnum Soortgelyke woorde vir wyn of druiwe word ook gevind in die Semitiese tale (sien byvoorbeeld die Arabiese woord ﻭﻳﻦ wayn) en die Georgiese woord ğvino.Bretcher, T., etal, John Enjoys his Glass of Wine — Are there any English Words at all?, eHistLing Vol. 1.
Geskiedenis duimnael|200px|Wynglasdraer by 'n antieke banket
Argeologiese getuienis suggereer dat die vroegste wynproduksie vanaf areas in Georgië en Iran plaasgevind het, van so lank gelede as 6 000 v.C..Die wêreld se vroegste wyn. Archeology, vol. 49 (1996), Afgelaai 24 Februarie, 2004.
Die oudste beskikbare getuienis van wyngeskiedenis in Europa dateer na 4 500 v.C. en kom voor in argeologiese opgrawings in Griekeland.Ancient Mashed Grapes Found in Greece Discovery News.Mashed grapes find re-write history of wine Zeenews Dieselfde opgrawings bevat ook die wêreld se vroegste getuienis van die pars van wyn. In Ou Egipte het wyn deel geword van die opgetekende geskiedenis en het daar 'n belangrike rol gespeel in hul seremonies. Spore van wyn wat dateer vanaf die tweede en eerste millenniums v.C., is ook in China gevind.Wine Production in China 3 000 years ago .
In die Middeleeue het die Rooms-Katolieke Kerk die gebruik van wyn sterk ondersteun, aangesien dit nodig was om die mis te vier. In plekke soos Duitsland was biergebruik verban en is dit gesien as goddeloos en barbaars, terwyl die drink van wyn weer beskou was as opgevoed en 'n blyke van die bekering na Christenskap.R. Phillips A Short History of Wine pp. 62–3 Harper Collins 2000
In die Islamitiese wêreld (tydens die Goue Era van Islam) was wyn verbode. Nadat Geber en ander Moslem-alchemiste egter baanbrekerswerk op die gebied van die distillasie van wyn gedoen het, is dit wetlik gemaak in die gebruik van die kosmetiek en medisyne.Ahmad Y Hassan, Alcohol and the Distillation of Wine in Arabic Sources. Die tiende-eeuse Persiese filosoof en wetenskaplike El-Biruni beskryf resepte waarin kruie, minerale en selfs edelgesteentes met wyn vermeng is vir medisinale redes. Wyn het so aanbiddingswaardig geword en die effek daarvan so gevrees dat uitvoerige teorieë ontwikkel is omtrent watter edelgesteentes die negatiewe newe-effekte daarvan die beste kon teenstaan.Wine Drinking and Making in Antiquity: Historical References on the Role of Gemstones Wetenskaplikes soos El-Biruni, Theofrastus, Georg Agricola, Albertus Magnus, asook meer onlangse skrywers soos George Frederick Kunz beskryf gelukbringers- en medisinale gebruike vir die kombinasie van minerale en wyn.
Wynbereiding Wyn word in natuurlike wyn, gefortifiseerde wyn en gedistilleerde wyn verdeel. Natuurlike wyn kan rooi, wit of rosé wees en word na gelang van die aanwesigheid van koolsuurgas stilwyn, vonkelwyn of perléwyn (halfvonkelwyn) genoem. Gefortifiseerde wyne sluit sjerrie, port, dessertwyne en vermoet ('n kruiewyn) in, terwyl gedistilleerde wyne in brandewyn en wynspiritus (vir die maak van likeurs) verdeel word. Die vernaamste onderskeid tussen natuurlike wyn en gefortifiseerde en gedistilleerde wyn is die alkoholinhoud.
Die alkoholinhoud is volgens wet vasgestel: vir natuurlike wyn hoogstens 13 %, vir gefortifiseerde wyn hoogstens 20% en vir gedistilleerde wyn hoogstens 43 %. Wyn wat geen suiker bevat nie, word droë (sec) wyn genoem, maar indien dit 'n klein hoeveelheid suiker bevat, word dit halfsoet (semi-soet, effe-soet) genoem. Fortifikasie is die proses waardeur suiwer wynspiritus of brandewynspiritus by 'n natuurlike wyn gevoeg word om sodoende die alkoholinhoud te verhoog en die wyn langer behoue te laat bly.
Wynbereiding bestaan hoofsaaklik uit die gisting van vars druiwesap, wat verkry word deur die druiwe wat geoes is, onverwyld te pars, meestal met 'n hidrouliese pers. Die reingis (spesiaal gekweekte gisselle) wat bygevoeg word, sit die suiker in alkohol en koolsuurgas om; indien die suikerinhoud hoog genoeg is, sal die gisselle 'n alkoholinhoud van 15% per volume veroorsaak, waarna hulle sal vrek. Die gistingsproses geskied by temperature van tussen 12 en 15 °C vir witwyn en tussen 15 en 20 °C vir rooiwyn, maar as die mos te warm word, kan dit in asyn verander.
Die gisting duur tussen 10 en 14 dae en geskied in oop en geslote tenks vir onderskeidelik rooi- en witwyn. Wanneer die gisselle sterf, sak dit as droesem na die bodem van die tenks. 'n Tweede gisting word soms teweeggebring deur die toevoeging van suiker en nog gisselle, byvoorbeeld by die maak van vonkelwyn. Indien 'n bepaalde suikerinhoud in die wyn verlang word, soos by halfsoet tafelwyn, kan die gisting kunsmatig stopgesit word deur verkoelings-, pasteurisasie- of filtrasieprosesse.
Nadat die jong wyn gefiltreer is (1 of meer male, na gelang van die verlangde gehalte), word die helder vloeistof in groot vlekvrystaaltenks (witwyn) of houtvate (rooiwyn) verouder, meestal vir 6 maande tot 2 jaar. Sommige rooiwyne word teenswoordig egter ook in staaltenks verouder. Na die verouderingsperiode word die wyn soms versny (met ander wyne vermeng) en dan gebottel.
Witwyn Witwyn kan van sowel wit as swart druiwe gemaak word. Nadat die druiwe gepars is, word die doppe en ander vaste deeltjies regstreeks van die druiwesap geskei, aangesien die doppe selfs in die geval van wit druiwe die kleur van die wyn kan beïnvloed en 'n vrank tanniensmaak daaraan kan verleen. Uit die parskuipe word die druiwesap na die geslote gistenks gepomp, waar die reingis bygevoeg word en die vloeistof in verkoelde toestande kan gis.
'n Gesogte witwyn met ʼn uitstekende boeket en 'n baie hoe suikergehalte, wat meer die karakter van 'n likeurwyn as 'n halfsoet tafelwyn het, word gemaak van druiwe waarop die skimmel edelvrot (Botrytis cinerea) voorkom. Die druiwe word gepluk wanneer dit al feitlik rosyntjies geword het en slegs 'n minimale hoeveelheid druiwesap kan derhalwe gepars word. Weens die besondere inwerking van die skimmel op die druif het die boer geen waarborg van 'n geslaagde oes nie en dit maak die wyne so seldsaam.
Rooiwyn Anders as witwyn word rooiwyn uitsluitend van swart druiwe gemaak. Suid-Afrikaanse rooiwyne word in ligte en vol rooiwyne ingedeel. Afgesien van die kleur wat uit die doppe verkry word, verskaf laasgenoemde ook meer en kenmerkende aroma en boeket aan die wyn.
Tydens die oop gisting word die doppe gereeld onder die oppervlak gedruk om kontak met die mos te bevorder. Gistenks wat met die doel een maal per dag geroteer word, word teenswoordig algemeen gebruik. In die kouer Europese lande is dit soms nodig om die gistingsproses met behulp van suiker en hitte aan te moedig. Die druiwe vir die ligte rooiwyne is meestal van die koeler kusstreke afkomstig en die vir die vol rooiwyne van die warmer streke in die binneland.
Roséwyn Roséwyn word van swart druiwe gemaak, maar die druiwesap word slegs vir tussen 6 en 24 uur saam met die doppe gegis, sodat die wyn 'n ligrooi (pienkerige) kleur kry maar nie die tannienagtige eienskappe van rooiwyn nie. Die alkoholinhoud van roséwyne is gelykstaande met die van ligte witwyne.
Vonkelwyn Vonkelwyn verskil van stilwyn daarin dat die koolsuurgas wat aanwesig is, in klein borreltjies vrygelaat word wanneer die bottel oopgemaak word. Dit word deur middel van 'n tweede gistingsproses in groot tenks of in bottels (die sogenaamde methode champegnoise) berei. Laasgenoemde metode is na die beroemde Franse produk sjampanje vernoem en is deur die Franse Benediktynse monnik Dom Pierre Pérignon (1638 - 1715) ontdek.
Die benaming sjampanje mag egter net gebruik word vir vonkelwyn wat uit Frankryk afkomstig is. Vonkelwyn kan van wit-, rooi- of roséwyne gemaak word. By die bereiding van perléwyne word koolsuurgas bloot by 'n halfsoet stilwyn gevoeg. Die verskil tussen hierdie wyne en die wat volgens die tweede gistingsproses in bottels of tenks gemaak word, is merkbaar aan die perléwyne se groter koolsuurgasborrels, wat ook vinniger verdwyn nadat die bottel oopgemaak is.
Port Suid-Afrikaanse port word gemaak van onder meer Cinsaut- en Tinta Barocca-druiwe, wat gepluk word wanneer hulle volryp is. Tydens gisting word die doppe gereeld ondertoe gedruk, sodat dit soveel moontlik kleur en karakter aan die port kan verleen.
Voordat al die druiwesuiker in die mos uitgegis is, word die wyn met 'n brandewynspiritus gefortifiseer en vir tussen 5 en 10 jaar in eikehoutvate verouder. Daarna word dit versny en in groot houers geberg. Taankleurige port word vir minstens 8 jaar in pypvate van ongeveer 1 000 liter verouder en robynport word vir sowat 5 jaar in stukvate van 12 000 liter verouder. Wit port word ook gemaak en is effens soeter as rooi port.
Sjerrie Sjerrie ontleen sy besondere, neutagtige smaak aan die aanwesigheid van die spesiale gissel flor. Voordat florin 1930 aan die Kaap gekweek is, is daar gemeen dat dit alleenlik in Spanje, tuisland van die sjerries, voorkom, maar die wyne is sedertdien op groot skaal plaaslik geproduseer en die Suid-Afrikaanse produk kry steeds internasionale erkenning vir sy hoë gehalte. Nadat die druiwe gepars is, word florgis by die druiwesap gevoeg.
Wanneer die gistingsproses voltooi is, word die mos tot 15% per volume gefortifiseer - min genoeg alkohol om die gis nie te vernietig nie, maar terselfdertyd die wyn goed behoue te laat bly. By die maak van bleek sjerries word die gefortifiseerde wyn daarna volgens die criadera-stelsel in poreuse houtvate geplaas, waar dit ongeveer 2 jaar lank bly. Die lug dring die vate deur die lospassende tappe binne en veroorsaak dat ʼn dun florskimmel-lagie op die oppervlak van die sjerrie vorm.