Alberta Magdalena Bouwer (16 Maart 1920 – 5 Oktober 2010) was ’n Afrikaanse kinderboekskryfster, joernalis en maatskaplike werkster in die tweede helfte van die 20ste eeu. Verskeie van haar boeke het die plaaslewe as agtergrond. Sy was veral bekend vir haar stories van Rivierplaas en Bergplaas. In 1959 en 1965 ontvang sy die Scheepersprys vir Jeugliteratuur; in 1961, 1971 en 1982–1983 die C.P. Hoogenhoutprys; en in 1984 die MER-prys vir Jeugliteratuur. Sy het ook ook onder die skuilnaam Magriet Coetzee geskryf.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Lewe en werk duimnael|links|340px|Die personeel van die Hoërskool Jan van Riebeeck, 1945. Alba Bouwer sit tweede van links.

duimnael|regs|300px|Die Bloemfonteinse Normaalkollege, 1907

Bouwer is op 16 Maart 1920 op ’n Vrystaatse plaas aan die oewer van die Renosterrivier in die distrik Vredefort gebore. Haar vader was die boer Adriaan Bouwer. Hy was een van dertien kinders wat tydens die Anglo-Boereoorlog by Paardeberg gevange geneem en na St. Helena gestuur is. Haar moeder was die onderwyseres Bertha Zeeman, oorspronklik van Paarl in die Boland, wat haar opleiding as onderwyseres aan die Bloemfonteinse Normaalkollege ontvang het. Toe Alba nog net agtien maande oud was sterf haar vader aan ’n beroerte-aanval. Die ma en kind woon daarna by die grootouers aan vaderskant op hulle Vrystaatse plaas, waar haar ma by die plaasskool onderwys gee. Haar eerste skooljare was op hierdie plaasskool met haar ma wat haar onderrig gee. Haar ma trou hierna op 6 April 1926 met Johannes Nel, ’n boer uit ’n ander deel van Vredefort. Hierdie plaas aan die Renosterrivier vorm die basis van die verhale in “Stories van Rivierplaas”.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Bouwer,_Alba Alba se broer Hendrik word uit hierdie huwelik gebore. Haar stiefpa sterf ses jaar na die troue onverwags in ’n skietongeluk en hierna is die gesin terug na haar moeder se familieplaas, die wynplaas Hartbeeskraal in Klein Drakenstein, distrik Paarl, waar hulle by haar ma se ongetroude oudste broer en suster inwoon. Hierdie plaas is die basis van die verhale in “Stories van Bergplaas”. Hier gaan Alba na die koshuis van die Engelsmedium Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl,Remembered: http://remembered.co.za/obituary/view/9756 waar sy van standerd nege in die leerlingraad dien en in 1936 matrikuleer. Sy studeer verder aan die Engelstalige Hugenote Universiteitskollege in Wellington (wat in hierdie tyd ingeskakel was by die Universiteit van Suid-Afrika) en behaal ’n B.A.-graad, met Geskiedenis en Duits as hoofvakke. Sy word aangestel as ondervoorsitter van die leerlingraad. Hier verwerf sy ook die Senior Onderwysdiploma. Vir ses jaar gee sy onderwys, eers vier jaar by die Hoërskool Burgersdorp en daarna twee jaar Duits en Afrikaans by die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Sy trou in hierdie tyd met Eben van der Watt, maar skei wanneer dit blyk dat hy onverantwoordelik is met geld en hulle in groot skuld dompel. Hulle is in gemeenskap van goedere getroud en Alba betaal eers al die skuld af voordat sy skei.

Hierna is sy vir ’n ruk joernalis by die blaadjie Huishouding. In 1947 sluit sy vir ’n bietjie meer as twee jaar aan by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) in Kaapstad waar sy samesteller en aanbieder van kinderprogramme is. In 1950 aanvaar sy ’n pos in die redaksie van Sarie Marais,Tafelberg: http://www.tafelberg.com/authors/409 waar sy na bietjie meer as ’n jaar bevorder word tot assistent-redaktrise onder Fred le Roux. In hierdie posisie behartig sy onder andere die gebederubriek onder die skuilnaam Magriet Coetzee. Hierdie rubriek is besonder gewild en verskeie bydraes word later in boekvorm uitgegee, soos “Gebede van ’n vrou” in 1973, “Nuwe gebede van ’n vrou” in 1976, “Aand van die lewe” in 1983 en “Skuiltes op die pad” in 1994. Sy is ook verantwoordelik vir die aanstelling van Audrey Blignault om die rubriek “Uit die dagboek van ’n vrou” te skryf, waaruit later verskeie bundels gepubliseer word. In 1963 trou sy met Hubert Coetzee, besturende direkteur van die Nasionale Pers,Storiewerf: http://www.storiewerf.co.za/cvs/cv_albabouwer_ph.htm en sy spits haar hierna voltyds toe op haar skryfwerk. Hubert het twee kinders uit ’n vorige huwelik, naamlik Paul en Annelette. Hy is in 1969 oorlede. Vanaf 1963 speel Alba ’n leidende rol in die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) en dien vir 23 jaar op die hoofbestuur van die Kaaplandse tak en later tot 1993 as voorsitter op Riversdal. Op 6 September 1975 trou sy met die prokureur Jan H. Hofmeyr en hulle vestig hulle vir ’n lang tyd in Riversdal, waarna hulle in 1996 na Somerset-Wes verhuis, waar hulle in die Helderberg Village aftree-oord woon. Jan het vyf seuns uit ’n vorige huwelik, wat almal prokureurs word. Hy is in Februarie 1999 oorlede en word op Riversdal begrawe. Sy is op Dinsdag 5 Oktober 2010 in die aftree-oord Helderberg Village in Somerset-Wes oorlede, nadat sy in ’n koma verval het. Vir jare lank het sy Alzheimer se siekte gehad.

Skryfwerk

Kinder- en jeugverhale Sy is veral bekend as skrywer van jeugverhale, gebaseer op ’n verbygegane tyd van groot word op die plaas in ’n ou Suid-Afrika. Haar skryfloopbaan begin wanneer sy eie bydraes lewer tot die kinderprogramme van die SAUK. In die vyftigerjare skryf sy op versoek van die redakteur van Die Landbouweekblad ’n paar sketse vir hulle kinderrubriek. Die redakteur van Sarie Marais, die bekende Fred le Roux, kry insae in hierdie sketse en raap dit op vir sy eie tydskrif. Hy gee opdrag aan die Joodse kunstenaar Katrine Harries om die sketse te illustreer en die samewerking tussen Alba en Katrine Harries duur voort tot met Harries se dood in 1978. Die sketse loop uit op die publikasie van “Stories van Rivierplaas”, die eerste van die verhale van die dogter Alie, haar boesemvriend Lulu en die huishulp Ou-Melitie. Hoewel die stories as fiksie aangebied word, is dit kennelik gebaseer op die skrywer se ervaringswêreld as jong kind op ’n plaas in die Vrystaat. Die daaglikse gebeure word op onderhoudende wyse vertel sodat insae verkry word oor ’n leefwyse wat verby gegaan het. Hoewel die stories vir kinders geskryf is, kan grootmense ewe veel genot put uit die nostalgiese herroep van die verlede. Alie en Lulu speel met die Basoetoekinders, haal eiers uit, loer na die melkery saans, trap wol in skeertyd en gaan met hulle leie en griffels na die plaasskooltjie. Die sensitiewe uitbeelding van Alie se kinderpsige is ’n hoogtepunt in die Afrikaanse prosa, met die kinderperspektief wat op indrukwekkende wyse deurgaans eg volgehou word.Antonissen, Rob “Kern en tooi” Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963Antonissen, Rob “Standpunte”, Nuwe reeks 17 en 18, Mei-Desember 1957 In “Nuwe stories van Rivierplaas” het Alie die laerskoolkind groot ideale: sy wil kan spog met haar vlegsels, sy wil deur haar voortande kan spoeg en sy verlang na dik bene as kompensasie vir die bynaam Alie Spykerboud. Lulu, Ou-Melitie, ouma van Brakfontein en al die ander grootmense is steeds daar. Reza de Wet gebruik in haar drama “Diepe grond” die gegewe en karakters van “Stories van Rivierplaas”, om sodoende ’n kontras te skep tussen die idilliese Afrikanerdom van die jare vyftig en die disintegrasie van die jare tagtig. Na polemiek is De Wet verplig om die name van die karakters te wysig, maar sy behou die gegewe en die drama word later saam met ander De Wet-dramas met die Hertzogprys bekroon. Alba ontvang die Scheepersprys in 1959 vir “Stories van Rivierplaas” en “Nuwe stories van Rivierplaas”, die eerste vrou wat hierdie toekenning ontvang. F.V. Lategan neem “As die trapmasjien kom” (’n fragment uit “Nuwe stories van Rivierplaas”) op in “Kernbeeld van die Afrikaanse kortverhaal”. In “Stories van Ruyswyck” het Alie al begin groot word en is sy reeds dertien jaar oud. Die milieu verskuif ook vanaf die Vrystaat na die Boland en die koshuis van Ruyswyck Meisieskool is nou haar blyplek. In die verloop van vier jaar verander die skaam standerd sewe dogter tot hoofmeisie. In teenstelling met die meer episodiese bou van die voorafgaande bundels sentreer hierdie boek rondom Alie se kennismaking met die raaisel van die liefde. Wat die boek in die proses aan vaart en spanning inboet, wen dit met die indringende weergawe van die adolessent se gevoelslewe.Aucamp, Hennie “Kriterium”, Oktober 1963 Later word “Stories van Rivierplaas”, “Nuwe stories van Rivierplaas” en “Stories van Ruyswyck” in een band uitgegee onder die titel “Rivierplaas”.Fourie, Elkarien “Beeld” 11 Junie 2007 Die Scheepersprys word in 1965 toegeken vir “Stories van Ruyswyck”, “Stories van Bergplaas” en “Katrientjie van Keerweder”.

“Stories van Bergplaas” vertel van die tienjarige tweeling Bramie en Grietjie, wat op ’n Bolandse plaas bly, met die vernaamste probleem die baie werk wat in die pad staan van lekker speel. Grietjie verwonder haar aan die klank van woorde en sy en Bramie het interaksie met die ander kinders op Bergplaas, naamlik die bruin kinders Klein Willem Houtmens, Jaffie, Diksiel en Trui met Dingetjie op haar heup. Daar is ook grootmense soos tant Letta en oom Koos, ou Jafta, outa Warie met sy wysheid en ai Nonkie. Lappies is die hondjie en daar is natuurlik ou Steier, die hoenderhaan, wat deur sy koppigheid ’n ontydige dood vind. Die wedersydse vriendskap tussen blanke en bruin plaaskinders en die streng maar regverdige behandeling in geregtigheid teenoor alle gekleurdes bevat ’n moraliteit te midde van baie ongeregtigheid wat in hierdie apartheidstyd plaasgevind het. Die SAUK maak in 1983 ’n televisiereeks van ses episodes gebaseer op “Stories van Bergplaas”, wat egter eers in 1986 gebeeldsaai word weens besware teen die gebruik van terme soos “kleinnooi” en “kleinbaas” in die oorspronklike teks, wat dan met woorde vervang word wat nie kwetsend is nie. Die Scheepersprys word in 1965 toegeken vir “Stories van Bergplaas”, “Stories van Ruyswyck” en “Katrientjie van Keerweder” en “Stories van Bergplaas” word in 1963 eervol vermeld tydens die toekenning van die C.P. Hoogenhout-medalje. “Afrikaans 100” is ’n gedenkbundel wat vir jong mense die storie van Afrikaans vertel vanaf die stigtingsvergadering van die Genootskap van Regte Afrikaners.