Die Pulitzerprys vir Drama, een van die onderafdelings van die Amerikaanse Pulitzerprys, is die eerste keer in 1918 toegeken.
Vanaf 1918 tot 2006 was die nominasieperiode van die Dramaprys anders as al die ander Pulitzerpryse: gedurende hierdie tydperk was die periode vanaf 2 Maart tot 1 Maart, om die 'seisoen' van Broadway te reflekteer eerder as die kalenderjaar. Sedert 2007 is dié prys in lyn met al die ander toekennings gebring met 'n nominasieperiode vanaf 1 Januarie tot 31 Desember.
Die drama-jurie bestaan uit een persoon met 'n akademiese posisie en vier resensente. Die groep woon toneelstukke in New York en in streeksteaters by, en nomineer dan die kandidate. Die Pulitzerraad behou die reg toe om nie die juriekeuses te aanvaar nie, soos in die geval van 1986 se toekenningsjaar. In dié jaar was daar wel 'n juriekeuse – The CIVIL warS – maar geen toekenning is gemaak nie. Weens die raad se beswaar teen die toentertydse kontroversiële gebruik van vloekwoorde en seksuele temas in Edward Albee se beroemde Who's Afraid of Virginia Woolf? in 1963, is die juriekeuse ook oor die hoof gesien. Sou Albee die toekenning gekry het, sou hy saam met Eugene O'Neill die meeste toekennings (vier) vir die Pulitzerprys vir Drama gehad het.
Musiekblyspele as wenners Slegs sewe musiekblyspele het al die Pulitzerprys vir Drama gewen – teen ongeveer die tempo van een per dekade in die jare 1930 tot 1990. Hulle is: George Gershwin se Of Thee I Sing (in 1932), Rodgers en Hammerstein se South Pacific (in 1950), Jerry Bock en Sheldon Harnick se Fiorello! (in 1960), Frank Loesser se How to Succeed in Business Without Really Trying (in 1962), Michael Bennett se A Chorus Line (in 1976), Stephen Sondheim en James Lapine se Sunday in die Park with George (in 1985) en Jonathan Larson se Rent (in 1996).
Meestal gaan die toekenning aan die dramaturg, maar in die geval van 'n musiekblyspel, ontvang die komponis, die lirikus en die skrywer van die verhaal almal die toekenning. In 1932 is die komponis George Gershwin nie deur die raad vereer nie, omdat hulle gevoel het dat die Pulitzerprys vir Drama 'n dramatiese toekenning was, maar dit is sedertdien verander.
Wenners 2025: Branden Jacobs-Jenkins, Purpose 2024: Eboni Booth, Primary Trust 2023: Sanaz Toossi, English 2022: James Ijames, Fat Ham 2021: Katori Hall, The Hot Wing King 2020: Michael R. Jackson, A Strange Loop 2019: Jackie Sibblies Drury, Fairview 2018: Martyna Majok, Cost of Living 2017: Lynn Nottage, Sweat 2016: Lin-Manuel Miranda, Hamilton 2015: Stephen Adly Guirgis, Between Riverside and Crazy 2014: Annie Baker, The Flick 2013: Ayad Akhtar, Disgraced 2012: Quiara Alegría Hudes, Water by the Spoonful 2011: Bruce Norris, Clybourne Park 2010: Tom Kitt en Brian Yorkey, Next to Normal 2009: Lynn Nottage, Ruined 2008: Tracy Letts, August: Osage County 2007: David Lindsay-Abaire, Rabbit Hole 2006: Geen toekenning is gemaak nie 2005: John Patrick Shanley, Doubt: A Parable 2004: Doug Wright, I Am My Own Wife 2003: Nilo Cruz, Anna in the Tropics 2002: Suzan-Lori Parks, Topdog/Underdog 2001: David Auburn, Proof 2000: Donald Margulies, Dinner With Friends 1999: Margaret Edson, Wit 1998: Paula Vogel, How I Learned to Drive 1997: Geen toekenning is gemaak nie 1996: Jonathan Larson, Rent 1995: Horton Foote, The Young Man From Atlanta 1994: Edward Albee, Three Tall Women 1993: Tony Kushner, Angels in America: Millennium Approaches 1992: Robert Schenkkan, The Kentucky Cycle 1991: Neil Simon, Lost in Yonkers 1990: August Wilson, The Piano Lesson 1989: Wendy Wasserstein, The Heidi Chronicles 1988: Alfred Uhry, Driving Miss Daisy 1987: August Wilson, Fences 1986: Geen toekenning is gemaak nie 1985: James Lapine en Stephen Sondheim, Sunday in the Park with George 1984: David Mamet, Glengarry Glen Ross 1983: Marsha Norman, Night, Mother 1982: Charles Fuller, A Soldier's Play 1981: Beth Henley, Crimes of the Heart 1980: Lanford Wilson, Talley's Folly 1979: Sam Shepard, Buried Child 1978: Donald L. Coburn, The Gin Game 1977: Michael Cristofer, The Shadow Box 1976: Michael Bennett, A Chorus Line 1975: Edward Albee, Seascape 1974: Geen toekenning is gemaak nie 1973: Jason Miller, That Championship Season 1972: Geen toekenning is gemaak nie 1971: Paul Zindel, The Effect of Gamma Rays on Man-in-the-Moon Marigolds 1970: Charles Gordone, No Place To Be Somebody 1969: Howard Sackler, The Great White Hope 1968: Geen toekenning is gemaak nie 1967: Edward Albee, A Delicate Balance 1966: Geen toekenning is gemaak nie 1965: Frank D. Gilroy, The Subject Was Roses 1964: Geen toekenning is gemaak nie 1963: Geen toekenning is gemaak nie 1962: Abe Burrows, How To Succeed In Business Without Really Trying 1961: Tad Mosel, All the Way Home 1960: Jerome Weidman, en George Abbott Fiorello! 1959: Archibald MacLeish, J.B. 1958: Ketti Frings, Look Homeward, Angel 1957: Eugene O'Neill, Long Day's Journey Into Night 1956: Albert Hackett en Frances Goodrich, Diary of Anne Frank 1955: Tennessee Williams, Cat on a Hot Tin Roof 1954: John Patrick, The Teahouse of the August Moon 1953: William Inge, Picnic 1952: Joseph Kramm, The Shrike 1951: Geen toekenning is gemaak nie 1950: Richard Rodgers, Oscar Hammerstein II, South Pacific 1949: Arthur Miller, Death of a Salesman 1948: Tennessee Williams, A Streetcar Named Desire 1947: Geen toekenning is gemaak nie 1946: Russel Crouse, Howard Lindsay, State of the Union 1945: Mary Coyle Chase, Harvey 1944: Geen toekenning is gemaak nie 1943: Thornton Wilder, The Skin of Our Teeth 1942: Geen toekenning is gemaak nie 1941: Robert E. Sherwood, There Shall Be No Night 1940: William Saroyan, The Time of Your Life 1939: Robert E. Sherwood, Abe Lincoln in Illinois 1938: Thornton Wilder, Our Town 1937: Moss Hart, George S. Kaufman, You Can't Take It With You 1936: Robert E. Sherwood, Idiot's Delight 1935: Zoe Akins, The Old Maid 1934: Sidney Kingsley, Men in White 1933: Maxwell Anderson, Both Your Houses 1932: George S. Kaufman, Morrie Ryskind, en Ira Gershwin, Of Thee I Sing 1931: Susan Glaspell, Alison's House 1930: Marc Connelly, The Green Pastures 1929: Elmer Rice, Street Scene 1928: Eugene O'Neill, Strange Interlude 1927: Paul Green, In Abraham's Bosom 1926: George Kelly, Craig's Wife 1925: Sidney Howard, They Knew What They Wanted 1924: Hatcher Hughes, Hell-Bent Fer Heaven 1923: Owen Davis, Icebound 1922: Eugene O'Neill, Anna Christie 1921: Zona Gale, Miss Lulu Bett 1920: Eugene O'Neill, Beyond the Horizon 1919: Geen toekenning is gemaak nie 1918: Jesse Lynch Williams, Why Marry?
Meermalige wenners Slegs 'n paar dramaturge het die Pulitzerprys vir Drama meer as een maal gewen: Hulle is:
Vier keer Eugene O'Neill, in 1920, 1922, 1928 en 1957.
Drie keer Robert E. Sherwood, in 1936, 1939 en 1941. Edward Albee, in 1967, 1975 en 1994.
Twee keer George S. Kaufman, in 1932 en 1937. Thornton Wilder, in 1938 en 1943. Tennessee Williams, in 1948 en 1955. August Wilson, in 1987 en 1990.
Bron Vertaal vanaf Pulitzer Prize for Drama.
Eksterne skakels
Die Pulitzerprys se amptelike webwerf
Kategorie:Drama Drama