Lampranthus spiniformis is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Saron tot by Genadendal voor. Die plant is deel van die fynbos en renosterveld-plantegroei en het 'n voorkomsgebied van 11 794 km². Dit het reeds 70% van sy habitat afgestaan aan ontwikkeling en gewasverbouing. Die plant word tans bedreig deur oorbeweiding, indringerplante en gebrek aan 'n brandbeheer program. Die bestaande subpopulasies is erg gefragmenteer.
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online
spiniformis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika