Lampranthus promontorii is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die suidelike gedeelte van die Kaapse Skiereiland voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 300 km² en is deel van die fynbos. Dit val onder die beskerming van die Tafelberg Nasionale Park en word as seldsaam beskou.

Galery

Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online

promontorii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika