Lampranthus scaber is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Tulbagh tot by die Kaapse Vlakte en Piketberg voor. Die plant is deel van die fynbos en renosterveld-plantegroei en het 'n voorkomsgebied van kleiner as 20 km². Daar is tans net vyf van veertien subpopulasies oor nadat die plant reeds habitat afgestaan het koringverbouing en die aanlê van wingerde. Dit word ook tans bedreig deur indringerplante.
Galery
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online
scaber Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika