Lampranthus stenus is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Malmesbury tot by die Kaapse Skiereiland en verder ooswaarts tot by Bredasdorp voor. Die spesie is deel van die fynbos en strandveld-plantegroei. Die plant word bedreig deur indringerplante, ontwikkeling en gewasverbouing.

Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online

stenus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika