Aspalathus singuliflora is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos-plantegroei. Dit kom in die boonste gedeelte van die Breederiviervallei naby Worcester voor. Die spesie is laas in 1920 gesien by Smousbosheuwel en is as uitgestorwe beskou. In 2010 is 'n klein populasie in die Brandvlei omgewing ontdek wat bedreig word deur moontlike gewasverbouing.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
singuliflora Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika