Aspalathus incompta is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Riviersonderendberge tot die Potbergreservaat voor waar dit deel vorm van die fynbos. Dit het 'n voorkomsgebied van 5000 km² en daar is net dertien subpopulasies oor nadat die plant groot gedeeltes van sy habitat afgestaan het aan koringverbouing. Indringerplante en oorbeweiding is 'n bedreiging.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

incompta Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika