Aspalathus smithii is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos en renosterveld-plantegroei. Dit kom van Caledon tot by Bredasdorp en Swellendam voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 1200 km² en daar is tien, klein gefragmenteerde subpopulasies oor. Die spesie het groot gedeeltes van sy habitat aan koringverbouing afgestaan. Oorbeweiding en indringerplante is ook 'n bedreiging.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
smithii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika