Aspalathus sulphurea is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos-plantegroei. Dit kom by Visgat in die Agter-Witzenbergvallei, tussen die Skurweberge en die Groot Winterhoekberge voor. Dit het 'n voorkomsgebied van slegs 8 km². Die plant is nog net gesien as 'n monster wat versamel is. Die spesie word bedreig deur die sagtevrugte bedryf en indringerplante. Die spesie het tussen 50 en 70% van sy habitat reeds afgestaan aan die sagtevrugtebedryf.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

sulphurea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika