Aspalathus serpens is 'n struik wat hoort tot die genus Aspalathus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos-plantegroei. Dit kom van die suide van die Kaapse Skiereiland en die Hottentots Hollandberge tot by Swartberge by Caledon en die Agulhasvlakte voor. Dit is afwesig van die Kaapse Vlakte. Die plant het 'n voorkomsgebied van 8 361 km² en tans is die populasie se getalle stabiel.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
serpens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika