Aspalathus pycnantha is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, is deel van die fynbos en kom by Bredasdorp voor. Die plant het reeds 40% van sy habitat afgestaan aan koring, wingerde en die kweek van proteas die afgelope 40 jaar. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 1200 km² en daar is ongeveer agt subpopulasies oor wat bedreig word deur oorbeweiding en indringerplante.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

pycnantha Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika