Nangklao (, Phra Bat Somdet Phra Nangklao Chao Yu Hua; 31 Maart 1788 - 2 April 1851), geboortenaam Thap (), ook bekend as Rama III, was die derde koning van die Chakri-dinastie van Siam. Hy het van 21 Julie 1824 tot 2 April 1851 regeer.

Nangklao was die oudste oorlewende seun van sy voorganger, koning Rama II. Sy ma, Sri Sulalai, was een van die koning se sekondêre vroue. Nangklao is waarskynlik deur sy pa as sy erfgenaam aangewys en dit is dadelik deur 'n raad bekragtig. Buitelandse waarnemers het egter valslik geglo hy het die troon geroof van sy halfbroer prins Mongkut – dié was jonger, maar die seun van koningin Sri Suriyendra, en dus "wettig" volgens Westerse gebruike. Onder die ou begrip van die Thaise monargie moes die koning egter "deur die volk verkies" word.

Tydens Nangklao se bewind is die militêre heerskappy van Siam gevestig deur oorwinnings in die Laosiaanse Rebellie (1826-1828), die Siamees-Viëtnamese Oorlog van 1831-'34 en die Siamees-Viëtnamese Oorlog in Kambodja in 1841-'45.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Thaise konings