Aspalathus puberula is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die renosterveld. Dit plant kom van Tygerberg tot by Darling voor. Die plant het reeds 94% van sy habitat verloor aan gewasverbouing soos koring, wingerde, ontwikkeling en indringerplante. Die voorkomsgebied is tans 337–450 km². Die bestaande subpopulasies is gefragmenteer en die eienaars beskerm dit teen brande terwyl dit vuur benodig om voort te plant.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
puberula Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika