Aspalathus proboscidea is 'n plant wat hoort tot die genus Aspalathus. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en is deel van die fynbos. Dit kom op die Bokkeveldberge-plato voor en het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km². Daar is een subpopulasie en dit word bedreig deur die rooibostee bedryf wat die grond mag omploeg vir gebruik.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
proboscidea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika