Aspalathus cuspidata is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos. Dit kom vanaf Brand-se-baai tot by Vanrhynsdorp voor en het 'n voorkomsgebied van 1 200 km². Daar is tans vyf subpopulasies bekend maar daar word vermoed dat daar meer as tien moet wees. Een subpopulasie is vernietig deur mynbou aktiwiteite en ander word bedreig deur die aanlê van wingerde en tamatieboerdery.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

cuspidata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika