Aspalathus attenuata is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos. Dit kom van Tulbagh tot by Houwhoek voor en het 'n voorkomsgebied van 2450 km². Daar is slegs vyf subpopulasies oor wat afgeleë van mekaar is. Die plant het van sy habitat afgestaan aan die verbouing van koring, wingerde, sagtevrugte, bosbou, steengroewe, ontwikkeling en indringerplante. Die bedreigings bestaan steeds.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

attenuata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika