Aspalathus arenaria is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos en strandveld. Dit kom van Stilbaai tot by die Gouritsmond voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 705 km² en daar is tien gefragmenteerde subpopulasies oor. Die plant word bedreig deur indringerplante, gewasverbouing en ontwikkeling, veral by Stilbaai.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
arenaria Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika