Aspalathus amoena is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Breederiviervallei, noord van Rawsonville, voor. Die plant is deel van die fynbos en het 'n voorkomsgebied van kleiner as 6 km². Daar is tans slegs drie klein subpopulasies oor, al drie subpopulasies het minder as tien plante. Die plant het 86% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing soos die aanplant van sitrusboorde en wingerde. Indringerplante soos Acacia-spesies is ook 'n bedreiging.
Die plant het een subspesie: Aspalathus retroflexa subsp. amoena R.Dahlgren
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
amoena Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika